Item 1092 - Speech at Klein Karoo National Arts Festival : Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1092

Title

Speech at Klein Karoo National Arts Festival : Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Date(s)

  • 7-14 April 2001 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

Content and structure area

Scope and content

7th Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • Afrikaans
  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Publication note

Speech is mainly delivered in Afrikaans

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Meneer die Burgemeester
Organiseerders van die Kunstefees
Geërde Gaste
Vriende
Dames en Here

Dit is vir my 'n baie groot voorreg om saam met u hier te kan wees.

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het ontwikkel tot een van die belangrike geleenthede op ons nasionale fees-kalender. En ek voel baie vereerd om uiteindelik saam te kan feesvier.

Laat my toe om in die eerste plek die Kunstefees geluk te wens met die ontvangs van die vryheid van Oudtshoorn. Dit is welverdiend, en dit is gepas dat Oudtshoorn op hierdie wyse waardering uitspreek vir wat die fees vir hierdie dorp en streek beteken.

Ek verneem dat baie jong Afrikaanssprekendes nie werklik meer Langenhoven lees nie. Ek is egter nog een van daardie ouer garde wat Afrikaans geleer het deur ook sy werk te lees. Dit is daarom 'n verdere voorreg om vandag hier te kan wees by 'n hoofsaaklik Afrikaanse fees op die geboorteplek van Langenhoven.

Hierdie jaarlikse instelling is vinnig besig om vandag net soveel te beteken vir Afrikaans as wat Langenhoven op sy tyd vir die taal beteken het. Oudtshoorn het alle reg om trots te wees.

The changing times and the changing role of Afrikaans in our society are reflected in the developing nature of this Festival. While Langenhoven could still think of Afrikaans as "die enigste witmenstaal wat nie klaar gemaak uit Europa gekom het nie", this Festival increasingly affirms that Afrikaans is neither a language of whites only nor a European language.

This Festival is steadily developing into the true face of Afrikaans - a language born in and from this country through the interaction of people from different backgrounds, cultures, races and histories. The voice of the Festival is ever more clearly sounding the message that Afrikaans and Afrikaans-speaking people are inextricably rooted in this country and on this continent.

As ek vir 'n paar oomblikke spesifiek oor een gedeelte van die Afrikaanse gemeenskap kan praat - die Afrikaners. Ek weet dat dit nie meer moontlik is om op 'n eenvoudige manier te praat van Afrikaners as 'n eenvormige groep nie.

Ek wil tog die stelling maak dat daardie versameling mense wat ons Afrikaners noem, 'n besondere plek in ons geskiedenis beklee.

Ons geskiedenis het so verloop dat die swart bevolking van die vroegste tye af moes veg om hul vryheid te verdedig en terug te wen. Dit het begin met die Khoi-Khoi en die San teen die vroegste blanke nedersetters. Dit is voortgesit deur die verskillende Bantoe-sprekende groepe in hul stryd teen die indringing van die koloniste. En in die vorige eeu deur die gesamentlike stryd van die polities onderdruktes.

Van die blanke bevolkingsgroepe is die Afrikaners die enigste wat self ook hier 'n vryheidstryd gevoer het. Hulle heldhaftige teenstand teen Britse oorheersing is legendaries. Majuba en die Tweede Vryheidsoorlog is maar enkele van die name en gebeurtenisse wat uitstaan in daardie geskiedenis.

Daardie stryd was wel net vir die vryheid van die eie groep. En in latere jare sou daardie oorwinnings gebruik word om andere te verkneg. Maar die feit dat Afrikaners daardie ervaring van 'n vryheidstryd gehad het, bind hulle op 'n besondere manier met die res van die bevolking wat vir vryheid moes veg.

Dat hulle hier in hierdie land moes veg vir vryheid en self-beskikking, beteken ook dat hulle nie 'n ander tuiste het waarheen hulle hulself emosioneel kan wend nie. Hulle is gewortelde Suid-Afrikaners en Africans.

This Afrikaans Festival is therefore in a very real sense part of the African Renaissance of which there is so much talk. It is a coming together in celebration of an integral part of that great wealth of our diversity as an African nation.

It is heartening to see and hear how this Festival is in increasing measure joining together the different sectors of the Afrikaans-speaking community. It is a sad aspect of the history of the language that one part of its speakers banished to the margins of society and political life another part. The Coloured communities were so integral to the birth, development and maintenance of the language, and suffered so grievously under the political designs of their fellow Afrikaans-speakers. This Festival can be a great agency for healing those wounds and for strengthening the language community.

Equally heartening is the manner in which this Festival contributes to Afrikaans reaching out to the broader South African community. While it is without apology a celebration of Afrikaans, the Festival - as I understand - in no way seeks to foster a mindset of insularity or cultural chauvinism. It takes with self-confidence and broad-mindedness its place within the South African cultural community.

Ek is bewus daarvan dat daar op 'n slag gepraat is oor die stigting van 'n Afrikaanse universiteit hier op Oudtshoorn. Ek weet nie hoe ver daardie planne nou staan nie. Wat 'n mens wel kan sê, is dat daardie gesprekke 'n aanduiding was van vrese wat daar in die taalgemeenskap bestaan het oor die toekoms van Afrikaans as akademiese taal.

Ek dink nie dat enigiemand in die Regering kwaad-gesind is teenoor Afrikaans as wetenskapstaal nie. Ek self het my op meer as een geleentheid oor die kwessie uitgespreek. Dit kom daarop neer dat daar 'n regverdige balans gevind moet word tussen die regte van een taalgemeenskap en dié van andere om toegang te verkry tot universiteite.

Ek was verheug om te verneem dat Minister Asmal onlangs my vorige Direkteur-Generaal aangestel het as voorsitter van 'n taakgroep om hom hieroor raad te gee. Afrikaans-sprekendes kan gerus wees dat die saak toevertrou is aan 'n man vir wie Afrikaans baie na aan die hart lê. Ons almal kan verseker wees dat hierdie kwessie met billikheid en regverdigheid benader sal word.

That such an important aspect of the future of the language can be entrusted to a person from the Coloured community, speaks of how we have developed as a society and how Afrikaans has developed as a language community in our new democracy.

I also need to pay tribute to the Coloured community, such an important sector of Afrikaans speakers. There is often so much of a sense of insecurity and uncertainty expressed from their ranks. This is understandable in a situation of fundamental change.

I have on numerous occasions, in public addresses or in more private gatherings, tried to allay these fears of marginalisation. What I do want to say today, is that the Coloured communities must learn to take pride in their history and their achievements.

Daar is so 'n trotse geskiedenis wat terugstrek tot die vryheidsstryde van die Khoi en die San; die opstande van die slawe; die saamveg van Khoi en Xhosa in die koloniale Oos-Kaap; die APO en die Coloured People's Congress in die vorige eeu; die vryheidshelde in MK en ander organisasies; die UDF en ander demokratiese bewegings. En miljoene gewone mense wat onder die haglikste omstandighede moes sukkel om vir hul kinders en gesinne 'n ordentlike lewe te probeer handhaaf.

Ook in hierdie Fees moet julle toesien dat julle trots bevestig word. Dit beteken nie om nors eenkant te staan nie. Dit beteken om met waardigheid 'n mens se reg op te eis. En Afrikaans is een arena waarin dit beslis gedoen moet word.

I cannot end without referring to an experience I had at an historically Afrikaans university recently where I saw three African students receiving degrees in Afrikaans cum laude. That, once more, was a reminder of how our society is changing and how Afrikaans celebrates the fact that it is a shared language.

Ek hoop dat ek nie hierdie Afrikaanse fees te veel bedref het met my tokkelos-Afrikaans nie. Ek wil weer net baie dankie sê vir die geleentheid om hier te kon wees.

Mag dit goed gaan met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Mag Oudtshoorn en omgewing groei sodat dit 'n beter lewe kan skep vir al sy mense. En ek is oortuig dat dit net goed sal gaan met Afrikaans en sy sprekers. En met Suid-Afrika en al sy taalgemeenskappe.

Baie dankie.

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: From hard drive ; Source: Nelson Mandela Foundation Prof J Gerwel. Accessioned on 24/06/09 by Razia Saleh

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places