Item 1189 - Verklaring Deur ANC President Nelson Mandela Huisbestting Krisis in die Wes- Kaap

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1189

Title

Verklaring Deur ANC President Nelson Mandela Huisbestting Krisis in die Wes- Kaap

Date(s)

  • 1993-10-29 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare

Content and structure area

Scope and content

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Ons is diep bekommerd oor die besetting van huise in Mitchell's Plein, Delft en ander gebiede in die Wes-Kaap. Die behuisingskrisis is geskep dear die Nasionale Party Regering wat sedert hulle aan bewind gekom het 'n rassistiese beleid gevolg het en nie huise vir die onderdrukte meerderheid Suid-Afrikaners gebou het nie. Nou probeer die Nasionale Party om op die mees siniese wyse die behuisingskrisis wat hulle geskep het uit te buit om swartmense en kleurlinge teen mekaar af te speel. In 'n advertensie wat vandag in Die Burger verskyn het probeer die Nasionale Party om rassehaat en selfs moontlik geweld tussen swartmense en kleurlinge aan te blaas. Ons waarsku die Nasionale Party om op te hou om met vuur te speel en hulle toekoms te probeer bou deur mense teen mekaar af te speel en gemeenskappe te vernietig. Die ANC is daarvan oortuig dat nou gepoog word om dieselfde geweld en vernietiging te veroorsaak wat die afgelope twee jaar in die PWV streek geoekestreer is.

Ons wil dit baie duidelik maak dat die ANC gekant is teen die optrede van enige persoon wat andere se huise beset het. Eiendomsreg moet beskerm word en die ANC sal alles binne ons vermoe doen om te verseker dat die eienaars hul huise terugkry. Ons verstaan ook die probleme van huisloses wat in plakkershutte van sinkplaat en karton moet woon en ons sal alles in ons vermoe doen dat hulle op gelyke basis in aanmerking kom vir huise. 'n Senior ANC afvaardiging onder leiding van Mnr Walter Sisulu, Visie-President van die ANC, sal die Wes-Kaap vanaand besoek om op die hoogste vlak aandag te gee aan die behuisingsprobleme van al die onderdrukte mense en om te verhoed dat die Nasionale Party die situasie verder uitbuit.

Die ANC is ten sterkste gekant teen die voortsetting van enige vorm van die groepsgebiede wet. Ons onderneem om alles in ons vermoe te doen om na die verkiesing van die 27ste April 1994 soveel moontlik geld beskikbaar te stet vir die bou van huise vir almal wat deur die NP regering se apartheidsbeleid van 'n huffs ontse is.
Dit is duidelik dat die Nasionale Party vir niks sal stuit in hul beginsellose gejag na die stemme van mense wat hulle oor dekades ontken en onderdruk het nie. Die ANC waarsku die Nasionale Party dat ons hulle ten voile verantwoordelik sal hou as hul uitbuiting van die behuisingskrisis en die aanblaas van rassehaat aanleiding gee tot enige geweld of lewensverlies in die Wes Kaap.

Nelson R Mandela President van Die ANC
29 Oktober 1993

Note

RELATED INFORMATION

Speech is in Afrikaans

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: Hardcopy ; Source: ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare. Accessioned on 19/01/2010 by Zintle Bambata

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places