TRANSCRIPT
Inleiding
1. Dit is altyd 'n plesier om kammerade van die ANC toe to spreek. Ek doer elke week so baie toesprake, of dit nou is teenoor sakelui, of buitelandse besoekers, of ons eie parlement. Maar die tye wat ek die meeste geniet is die wat ek deurbring met die mense wat ek beskou as die dryfveer van die ANC.
2. Julie is die belangrikste laag van die ANC leierskap. Julie kammerade wat in die takke werk, is die dryfkrag agter die beweging. Dit is deur julle toedoen dat ons eendag werklike transformasie in Suid-Afrika sal sien.
Die Nasionale Demokratiese Revolusie
1. As ons die oorgang vanaf 'n apartheid staat na 'n nasionale demokratiese staat wil voltooi, moet ons die toewyding teenoor ons transformasie progamme behou.
2 Revolusie word the gemeet aan die hoeveelheid ontwrigting, of bloed wat in die strafe vloei, nie. Dit word the geskep deur vurige toesprake nie. Dit is eerder 'n fundamentele omvorming van die gemmenskap om geregtigheid, verbeterde lewenskwalitieit, en gelykheid, te verseker.
3 Toe ons verkies is om te werk vir 'n Beter Lewe vir Alma!, is ons die taak opgele om 'n wettige, demokratiese, regering daar te stel, 'n regering wat die behoeftes van die meerderheid effektief kan aanspreek; ons is die taak opgele om 'n verenigde nasie op te bou; en dit is ons opgedra om 'n program van heropbou en ontwikkeling, in werking te stel.
4. Halfpad deur die ANC se eerste termyn in die regering, is ons trots op wat ons vermag het.
5. Demokrasie gebaseer op verkiesing, is daargestel op elke vlak. Ons het 'n demokratiese en progressiewe grondwet geskep. Ons verkose verteenwoordigers in die volksraad, en provinsiale wetgewers, is ywerig besig om die mense se belange te beskerm en te bevorder.
Die bou van ons nasie
1. Die nasionale dimensie van die stryd is nie net die bou van 'n nuwe gevoel van nasieskap nie - al is dit baie belangrik. Maar dit gaan ook oor die skepping van die materiele en sosiale voorwaardes vir 'n verenigde nasie.
2. Die enorme ongelykhede tussen die townships en die voorstede; swart en wit; die armes en die rykes; mans en vrouens; stedelike en plattelandse gebiede - al hierdie ongelykhede belemmer die bou van 'n gedeelde begrip van nasie-wees.
3. Dit is waarom die HOP se visie van plattelandse en stedelike ontwikkeling so sentraal is vir die ANC se nasie-bou missie,
4. Die lewens van miljoene mense bet begin verander, deur ons programme om toegang tot skoon water, voedingsprogramme by skole, gratis gesondheidsorg, elektrisiteit, ensovoorts, moontlik te maak.
5 Verwyder van die kalklig van die nasionale media, gons gemeenskappe dwarsdeur Suid Afrika van aktiwiteit. Strate word geteer, vullisverwydering word verbeter, skole word opgeknap, klinieke word gebou en opgradeer. Die bou van huise, nadat dit onvermydelik lank geneem het om aan die gang te kom, is nou' op dreef.
Tak-organnisasie is 'n sleutel tot vooruitgang
1. Ons beweeg nie altyd so vinnig as wat ons wil nie, maar ons maak wel vordering. En waar die meeste vordering plaasvind, is dit as gevolg van die aktiewe betrokkenheid van die gemeenskappe by ontwikkeling. Daar waar die mense die beginsel aanvaar het dat die HOP 'n mensgedrewe ontwikkelingsprogram is, daar vied ons dat daadwerklike ontwikkeling plaasvind. Sulke ontwikkeling behoort deur die ANC en sy bondgenote gelei to word.
2. As ons die staat moet omvorm, moet ons takke en die takke van ons aliansie-bondgenote, voorgaan op die weg van ontwikkeling en opheffmg van diegene wat hulle verteenwoordig. Die ANC moet die leiding neem, en gesien word om die leiding te neem, in die plaaslike veranderings wat mense se lewens verander.
3. Om hierdie rede moet die ANC raadslede nou saamwerk met die tak-leierskap van die ANC en ons bondgenote. Raadslede, soos ook lede van die provinsiale wetgewers en lede van die parlement, is deur die ANC in die veld gestuur, en behoort verantwoording te doen aan die leiers en lede van die ANC.
4. Die demokratiese staat wat ons besig is om te smee, hang af van die deelname van gemeenskappe in die omvorming van hulle lewens. Dit is deur stewige en georganiseerde takke, dat gemeenskappe 'n verskil teweeg kan bring in hul lewens. Die toestand van ons takke in hierdie provinsie het dringend aandag nodig as hulle hierdie belangrike funksie gaan verrig. Die stigting van nuwe takke- soos die by Upington onlangs- moet gepaard gaan met die versterking van bestaande takke.
5. Ons aktiwiteite moet altyd die nie-rassige karakter van die ANC, weerspieel. Die ANC moet aktief wees en mense organiseer in elke gemeenskap, sonder uitsondering. Lede-werwings programme moet met dieselfde ywer aangepak word in elke gedeelte van die provinsie, of dit nou in gebiede is wat histories geag is om wit, kleurling, of african, te wees.
6. Slegs die ANC het die beleid, die visie en die toewyding om hierdie land te verenig, As die meerderheidsparty, het dit die vermoe om die droom van 'n beter lewe vir almal 'n werklikheid te maak. Ons moet verseker dat enige Suid-Afrikaner, van watse agtergrond of gemeenskap ookal, tuisvoel in die ANC, en daarmee kan identifiseer as 'n organisasie wat omgee vir hulle belange en hulle beskerm.
7. Die ANC in die Noord-Kaap het homself bewys dat by instaat is om die uitdaging te aanvaar om 'n provinsie soos die Noord-Kaap, wat deur apartheid verdeel is, te verenig ons weet egter almal dat daar nog baie is om te doen.
Die program vir die toekoms
1. In die NEC vergadering verlede week, het ons belangrike voorstelle vir planne van aksie vir volgende jaar, goedgekeur. In die besonder, het ons besluit dat ons moet werk om die bereik van die Masakhane-program uit te bou. Die betaling van dienste en huurgeld is beslis baie belangrik. Tog is die Masakhane program nie net 'n betalings-veldtog nie. Dit gaan oor die aktiewe deelname van ons mense in die heropbou en ontwikkeling van ons land.
2. Dus beplan ons Masakhane naweke vroeg in volgende jaar. Op gemeenskapsvlak dwarsoor die land, gaan mense gemobiliseer word om betrokke te word by ontwikkelingswerk die opknap van skoolgeboue, skoonmaak veldtogte, misdaads-bestryding, ensovoorts. ANC LP's en LPW's sal ook in die proses gebruik word. Deur ons plaaslike raadslede beplan ons om die idee van deelnemende begroting te bevorder, wat gemeenskappe sal betrek by die opstel van plaaslike begrotings en bepaling van prioriteite.
3. Dit alles is slegs moontlik as ons funksionerende ANC tak-strukture op grondvlak het. Ons weet ook, van ons jare in die stryd, dat dit presies is rondom sulke konkrete programme dat organisasie hernu en instand gehou word.
Die stryd teen misdaad
1. Die stryd teen misdaad moet hoog op die agenda van ons takke wees, om te veresker dat elkeen die veiligheid geniet wat hulle reg is, tuis, op straat en by die werk. Takke het 'n plig om samewerking tussen gemeenskappe en die polisie te bou. Sodoende sal hulle bydra tot 'n klimaat van groei en ontwikkeling wat die verwesenliking van ons belangrikste oogmerk, die verbetering van die lewens van die meerderheid, sal bevorder.
Lesse van plaaslike regering
1. Een van die belangrikste oorwegings, wat betref die plaaslike verkiesing, is die swak opkoms by die stemlokale. Dit is waar dat in die Noord-Kaap die ANC se posisie verbeter het in verhouding tot die van die ander partye - en hierdie provinsie het bietjie beter gevaar as die meeste ander om die ANC ondersteuners sover te kry om te stem. Maar in werklikheid het ons ver tekort geskiet om al die ondersteuners by die stembusse te kry, selfs sommige van ons sterkste ondersteuners.
2. Die vraag is hoekom die opkoms so swak was as ons boodskap dan was dat plaaslike regering uiters belangrik is vir demokrasie, lewering van dienste, en gemeenskaps-opheffmg. In werklikheid is die enigste manier om volgehoue belangstelling in verkiesings te bevorder, dat gemeenskappe georganiseer is om betrokke te wees by ontwikkeling. Die mense wat gaan sorg dat die gemeenskappe aktief betrokke is in die besluitneming en ontwikkeling, is julle, ons kammerade in die ANC. Dit is deur die versterking van ons takke dat gemeenskap-gestuurde ontwikkeling kan plaasvind.
3. Tensy ons lei, deur 'n voorbeeld te stel, gaan ons toelaat dat magte gekant teen vordering, die prosesse kaap, en die provinsie last agteruitgaan, in terme van die opheffing van gemeenskappe. Dit sal ons nie toelaat om ons doelwitte van transformasie en herverdeling, te bereik nie.
4. Die verkiesing het gewys dat ons meerderheid in die provinsie steeds te klein is - die uitdaging is om ons steun in die Kleurling en Wit gemeenskappe nit te brei.
Konklusie
1. Die missie van die ANC en die wyer beweging, is en bly, die transformsie van die land en om daadwerklike betekenis to gee aan die slagspreuk- "'n Beter Lewe vir Almal",
2. Ons kom uit 'n grootse verlede en tradisies van sterk grondvlak-organisasie. Dit is hierdie tradisies wat ons vooruit sal laat beweeg in die provinsie. Dit is die tradisie van kollektiewe organisasie wat ons Nasionale Demokratiese Revolusie sal konsolideer.
RELATED INFORMATION
Speech is in Afrikaans
Published
Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).