Item 667 - Opmerkings deur President Nelson Mandela by geleentheid van sy bywoning van die erediens in die Groote Kerk

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-667

Title

Opmerkings deur President Nelson Mandela by geleentheid van sy bywoning van die erediens in die Groote Kerk

Date(s)

  • 1999-02-07 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

ANC Website

Content and structure area

Scope and content

Tradition of South African Head of State attending the Sunday service before the opening of Parliament ; Only in Afrikaans

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Ds Botes
Lede van die Kerkraad
Gemeente-lede
Vriende

Met die geskiedkundige eerste opening van ons demokraties-verkose parlement in Mei 1994, het u my uitgenooi om die ere-diens in u gemeente by te woon. Daarmee het u 'n ou tradisie voortgesit dat die Suid-Afrikaanse staatshoof die Sondag voor parlementsopening aan die Groote Kerk se diens deelneem.

Ek was baie getref en aangedaan deur u gebaar. Ek het u daarmee hoor se dat u gemeente, en die Afrikaner-gemeenskap in die algemeen, volledig deel is van die nuwe politieke en maatskaplike bestel. En die die Kerk in die veranderde omstandighede van ons land nie sou terugdeins van die nuwe uitdagings nie.

Ek is baie bly oor die geleentheid om vanoggend, na die laaste opening van hierdie parlement, weer met u te kon wees en in u ere-diens te deel. En om my dank en waardering aan u oor te bring vir die voorbidding wat u en u kerk oor die afgelope vyf jaar vir ons land, sy leiers, ons regering, ons demokrasie en ons mense gedoen het. En vir die rol wat u en u gemeenskap gespeel het om vrede, naasteliefde en saam-bestaan in ons eens-verdeelde land te bevorder en te bestendig.

Ek sal binnekort uit die openbare lewe tree. Van die innigste herinneringe wat ek met my sal saamdra, is oor hoe ons mense, in die bestek van so 'n kort tydjie, geleer het om bo historiese verskille uit te reik en hande te vat om saam te bou aan 'n nuwe verenigde nasie. Dat die verdelende politiek van ons verlede waansinnige dwaling was, word vir my deur niks anders so treffend bewys as die gemak waarmee ons mense nou saamwerk en saamleef.

As daar een boodskap is wat ek met u sou wou laat, dan is dit dat Afrikaners 'n besondere rol te speel het in die voortgesette heropbou van ons land. Sonder die bereidwilligheid van u leiers om aan onderhandelinge deel te neem en minderheidspolitiek af te sweer, sou onns nie destyds die doemprofete verkeerd kon bewys het oor Suid-Afrika se politieke toekoms nie. Ons moet ook nie toelaat dat vandag se doemprofete ons mismoedig maak nie. Natuurlik is daar probleme en uitdagings, maar daar is ook ruimte en geleenthede vir almal om hulself uit te leef en te help bou aan 'n beter lewe vir aimal. U ervaring en kundigheid is onontbeerlik vir daardie poses van heropbou.

Ek het Vrydag in die parlement gepraat van 'n "RDP of the soul". Dit is ons eerste taak as regering om die basiese lewens-omstandighede van mense te verander en te verbeter deur die voorsiening van huise, skoon water, elektrisiteit, gesondheidsorg, ordentlike onderwys, werksgeleenthede, veiligheid en beskerming. Ons leer egter daagliks dat daar 'n nog meer basiese taak van heropbou voor ons le om ons land en samelewing kern-gesond te maak, en lewensvatbaar te hou. Dit is die taak van 'n morele heropbou. Die beste pogings van 'n regering of owerheid, sal vrugteloos wees as die mense van 'n land nie in hul eie lewens en innerlike 'n verandering ondergaan nie. Selfsug, korrupsie, 'n gebrek aan 'n gemeenskapsgevoel en naastediens - hierdie is die geestelike vyande van ons pogings om 'n nuwe samelewing te bou waaring ons almal in ordentlikheid kan saamleef.

Dit sal oorbodig wees vir my om uit te ewi oor die rol van die kerk in hierdie taak van morele heropbou; u sal dit baie beter week as ek. Wat ek wel mag se, is dat die wyse waarop die verskillende kerke en godsdienste saamwerk en na mekaar uitreik, self 'n voorbeeld sal stel aan die res van die land. Ook op hierdie gebied sien ek daarna uit dat die Afrikaanse gemeenskap 'n leidende rol sal speel; dat hulle gesien sal word as 'n kragtige skakel in die band van samewerking en naasteliefde wat die nuwe Suid-Afrika werklik nuut sal maak.

Ek bedank u vir u vriendskap en ondersteuning, en ek wens u alles van die beste toe, soos ons ons land en al sy mense seen en voorspoed toewens in die jare wat voorle.

Baie dankie.

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: From website ; Source: ANC Website. Accessioned on 11/12/06 by Helen Joannides

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related people and organizations

Related genres

Related places